Ons bou jou website in één dag

Jou bekostigbare, eenvoudige en doelgerigte website is vandag nog aanlyn.

Oor bou-my-website-in-een-dag
Het jy geweet dat 'n basiese website jou besigheid se blootstelling kan verhoog met 96%?

By bou-my-website-in-een-dag help ons jou om ’n bekostigbare, eenvoudige webwerf binne net één dag te kry. Die fokus is op ’n skoon ontwerp, duidelike inhoud en ’n professionele voorkoms wat op selfoon en rekenaar mooi werk. Ideaal vir klein besighede, diensverskaffers en entrepreneurs wat vinnig aanlyn wil wees sonder ingewikkelde prosesse. Vinnig, prakties en in jou taal.

Is jy iemand wie se:

1) palms sweet as jy net hoor van rekenaars? 2) gedink websites is duur en vat lank om te bou?  3) jou digitale blootstelling wil verbeter maar weet nie waar om te begin nie? Dan is bou-my-website-in-een-dag net die oplossing vir jou

Hoe dit werk:

Ons vra 12 eenvoudige vrae en bou jou website dan gratis in een dag. Indien jy gelukkig is, vra ons R2500 waarna ons jou website onmiddelik aktiveer vir enigiemand om daarna te kyk op hulle rekenaars, selfone en tablette.

Website huisvesting

Jou website moet ge-huisves word. bou-my-website-in-een-dag gebruik SITE123 al vir jare en is betroubaar en koste-effektief. Hulle kostes is R1700 per jaar. SITE123 is 'n aparte besigheid van bou-my-website-in-een-dag.


 Ek het ’n eenvoudige webwerf nodig gehad wat vinnig werk. Die proses was maklik, bekostigbaar en baie vinnig afgehandel. 

www.brombox.co.zaBrombox website
     

 Ek moes dringend aanlyn kom. My webwerf was binne ’n dag lewendig, en dit lyk professioneel op my foon. 

www.scootenator.co.zaScootenator website
     

Christiaan Buys

Uitvinder, Entrepreneur, Sake-eienaar, Bedryfsingenieur, Data-ontleder, Digitale Ontwikkelaar

Christiaan het ’n graad in Bedryfsingenieurswese van die Universiteit van Pretoria. Hy het 25 jaar se werkservaring en spesialiseer in die optimisering van stelsels en prosesse. Dit sluit internasionale ervaring in binne die velde van vervaardiging, finansies, beleggings, telekommunikasie en veranderingsbestuur. Christiaan is die patenteienaar en stigter van Carnator (Edms) Bpk. Christiaan se passie is om eenvoudige en implementeerbare metodes te gebruik om komplekse, oënskynlik onoplosbare probleme op te los. Hy glo dat die menslike gees voortdurend sal floreer, selfs onder die mees uitdagende omstandighede. Christiaan heg waarde aan integriteit, opregtheid en toewyding. Christiaan oefen tans vir sy derde Comrades, is ’n entoesiastiese tennisspeler, musikant, pa van twee en is lief vir alles wat met wiskunde en statistiek te doen het.


  • 54 Morrison Avenue, Rietondale, Pretoria, South Africa